• Swartvlei Seekamp - 25 Junie tot 2 Julie 2022 Boknes Voortrekkerkampterein - Oos-Kaap

  • 1
  • 2
  • 3
  • 4
  • 5
  • 6

Riviermondings

Graad 6

''Die Tobies''

Divisieleier: Madeleen van Schalkwyk

Kleur: Swart en Rooi

Huisdier: "Tobie"

Welkom by die Tobies! Die swart tobies is 'n bedreigde voel wat by riviermondings voorkom en dit is ons huisdier. Daarom staan ons bekend as die Tobies. Riviermondings is 'n unieke kenteken vir Graad 6 wat net by die see aangebied kan word. By die Riviermondings Divisie, leer ons oor diere en plante van 'n riviermonding en hoekom dit belangrik is om riviermondings te bewaar. Ons leer van bedreigde spesies wat in die mondings voorkom. Ons leer speel – speel van die waterkringloop, getye en soutkonsentrasie in die water. Ons gaan slaap in die veld en maak ons eie aandete. Ons kyk ook na varswater en diere wat in varswater voorkom en hoe hulle verskil van diere in riviermondings. Ons besoek voelskuilings. Ons vang ook voeltjies om hulle van naby af te besigtig en te leer hoe om voels te identifiseer. Ons probeer om vissies in die riviermondings te vang. Speletjies is n maklike manier om te leer. Ons gaan swem, snorkel en loop op die strand deur die week. Daar is ook 'n paar ander verrassings. Ek is baie opgewonde vir hierdie jaar se program!! Die Tobies is die beste!!

Facebook fotos 2022

Facebook fotos 2019

Facebook fotos 2018

Facebook fotos 2017