• Swartvlei Seekamp - 25 Junie tot 2 Julie 2022 Boknes Voortrekkerkampterein - Oos-Kaap

  • 1
  • 2
  • 3
  • 4
  • 5
  • 6

Strandbewustheid

Graad 7

Divisieleier: Anna Herbst

Kleur: Donker blou (navy)

Huisdier: "Sarel-Bennie" die Walfyn

1 2 3 4 5, SB gee jou hoendervleis.
6 7 8 9 10, kom ons pomp adrenalien.
Pom pomp, pom pomp, pom pomp, pom pomp...

Strandbewustheid, of “SB” soos dit op die kamp bekend staan, is ʼn lekker rustige spesialisasie vir die graad 7s. Soos almal weet, is graad 7 Voortrekkers die hele jaar lank besig met Voorslagvoorbereiding, en dit is vir ons op Swartvlei Seekamp belangrik dat die kinders ʼn rustige vakansiekamp moet ervaar.
Die kursusinhoud is so opgestel dat die kinders net genoeg inligting kry om hulle nuuskierigheid oor die vele aanbiedinge se inhoud te bevredig. Hulle stap weg van die kamp met inligting oor strande, duine, golwe, getye, seeplante, seediere, seevoëls, seekos en hoe om op ʼn ander “skip” met mekaar te kan kommunikeer.
SB is letterlik die hele dag op die strand, al die kursusinhoud word aangebied daar op die strand! Die NSRI en lewensredders word betrek om die kinders prakties van seeveiligheid te leer. Dit is “heeltyd speeltyd” na die aanbieding van die kursusinhoud, en daar is ook ʼn geheime uitstappie wat net vir die graad 7s beplan word. Boonop het hulle ook ʼn uitslaapuitstappie! SB word die Vrydagmiddag op die kamp op ʼn “kleurvolle” noot afgesluit. Hierdie is die laaste formele Penkop en Drawwertjie Gebiedskamp vir graad 7s, en daar word die Vrydagaand op die kamp op ʼn gepaste wyse afskeid geneem van hulle. So as jy wil kom vakansie hou en ʼn breek vat van Voorslag, is SB die divisie vir jou. Sien jou by Boknes in Junie 2022!

Facebook fotos 2022

Facebook fotos 2019

Facebook fotos 2018

Facebook fotos 2017