Kus-Ekosorg
Graad 6
Divisieleier: Arno en Monica Jacobs
Kleur: Ligblou
Huisdier: "Sebastian" Die Krap
Is jy lief vir die al die mooi dinge in die natuur? Is jy nuuskierig om nuwe dinge te ontdek? Wil jy graag 'n bydrae kan lewer om die mooi te bewaar?
Dan is Kus-Ekosorg net die plekkie vir jou!
Hier by ons gaan jy die geleentheid kry om in 'n regte woud te gaan stap en slaap, onder die sterre...die stilte en warmte van die woud...dat jy sommer so klein voel! Ons besoek 'n Nasionale Park en 'n opgeleide gids
gaan wys ons die verskil tussen 'n plantasie en 'n woud, inheemse- en uitheemsebome.
Jy gaan leer wat alles in die rotspoele lewe en hoekom ons dit moet bewaar. Jy gaan meer uitvind oor duine en weet wat om die doen om dit nie te vernietig nie.

Al hierdie en nog baie meer gaan jy leer maar dit doen ons als terwyl ons lekker speel en buite is. Ons klaskamer is meestal die strand en die woud!
Die aarde is al wat ons het. God het vir ons 'n opdrag gegee om dit te bewaar. Kom leer hoe kan jy jou deel doen.