Kampraad / Administrasie / Ondersteunings Divisies
Kampraadsvergadering 20 Februarie 2022
Kaptein Wolf (Skeepskaptein)
Bertus Fourie
Op Swartvlei is ons baie gelukkig om ons eie mak wolf te hê wat altyd reg is vir pret, maar Wolf moes seile span en roer neem, en is nou Kaptein Wolf. Kaptein Wolf is baie lief vir die bemanning, vol energie, het altyd 'n glimlag en is boonop die mooiste, aantreklikste wolf ooit. Kaptien Wolf se hoof prioriteit is om seker te maak dat elke bemanningslid die kamp geniet, dat die kos vreeslik lekker is en Die Varkies almal op hok is. Kaptein Wolf se planne is om Swartvlei 2022 die beste kamp ooit te maak!
Die Haaihok (Skeepskantoor)
Kamp Finansies - Anita Bezuidenhoudt
Kamp Administrasie - Ingrid Fourie
Kampsekretaresse - Angelique van Aardt
Die Haaie maak sommer al vroeg met jou kennis. Soos jy inskryf weet ons van jou, watter spesialisasie jy gaan doen, watter grootte t-hemp jy verkies en ons maak seker jy kry al jou knopies en kentekens tydens die kamp.
Kom draai by die Haaie wanneer jy by die kamp aankom en sê haai. Die haai hok se deur staan altyd oop vir enige navrae van oud en jonk. Ja selfs vir kaptein wolf. Moet net nie vergeet om weer baai te sê aan die einde van die kamp nie.
Die Varkies (Offisiere van die Dag - Bemanning)
Liesl Krause (Krimpvark)
Charene Agenbach (Aardvark)
Leonè Visagie (Seevark)
Jan-Albert De Kock (Vlakvark)
Huisdier: ''Tjoppie''
Wat doen die Varkies op die kamp? Niemand weet nie! Die Drie Varkies weet nog minder! Die Drie Varkies se klere was altyd vreeslik vuil, nou moet hulle dra pienk klere dra, omdat al die ander mooi kleure op die kamp gevat is. Hulle swem elke dag in die see, omdat hulle nie ander tyd kry om skoon te kom nie. Die varkies hou baie van drukkies, en elke dag is Varkie-drukkiedag! Gedurende tentinspeksie slaap die varkies 'n klein bietjie in elke tent, net om seker te maak die tent slaap lekker. Die Drie Varkies eet ook heel laaste en gee hulle beurt weg as daar nie genoeg ''tweede rondte opskep'' is vir die bemanning nie. In die Varkhok word daar elke dag partytjie gehou en al die offisiere en bemanning is genooi. Swartvlei 2022 by Boknes gaan 'n nuwe avontuur wees en Die Drie Varkies kan nie wag om die bemanning weer te sien nie!
Die Pikkewyne (Offisiere van die Dag - Volwassenes)
Myburgh Bester, Annemarie de Kock, Kobus Muller
Die Uile (Skeepsmedia)
Marette & Cliff Bennett
Huisdier: ''Oupa Uil''
Die Uile is verantwoordelik vir die daaglikse nuus uitsending, fotos en videos, sosiale media en die webwerf. Dis lang ure met min slaap, maar die beste plek op die kamp, want ons sien, hoor en deel in alles wat op die kamp gebeur. Met ander woorde ons mis niks nie.
Die skeepmedia het van handgeskrewe koerantjies ontwikkel en is nou modern en totaal digitaal. Divisies plaas elke dag hulle eie fotos/videos in hulle spesifieke Facebook albums, en van daar af trek ons media vir die bemanning se aandprogram. Fotograwe kan nog steeds hulle media kaarte na die Uilhok toe bring om afgelaai te word. Ouers en Voortrekkers by die huis bly heeltyd op hoogte deur by die Facebook groep aan te sluit en te volg.
Die Skeepskombuis
Jannes Pieters & Antoinette Pieterse
Huisdier: "Swartatouille"
Die Siekeboeg (Noodhulp)
Alet van der Merwe
Huisdier: ''Beertjie''
Wat sal 'n kamp wees sonder 'n Noodhulp stasie? Daar waar 'n maatjie sommer net gou kan kom inhardloop vir 'n drukkie of 'n ''sweetie pilletjie'' vir daardie denkbeeldige pyn of ongesteldheid. Of waar die oormoeg Offisiere of SB's net vinnig kan kom rus na hulle deurnag uitstappie. Deur die jare leer 'n mens die verskil tussen rerig siek wees of dit wat net die denkbeeldig siek wees.
Die Skatkis (Skeepsaktiwiteite)
Anita Dreyer
Huisier: ''Skattie''
Soetvlei Skeepskantien (Snoepie)
Anita Bezuidenhoudt
Die Skuurder (Aankoper)
Die Hawemeester (Kampbeheer) - Andries van Wyk
Die Vlootkontroleerder (Logistiek)